O My Heiland Songtext - Piet Botha

O My Heiland - Piet Botha

Daar's 'n kêrel wat staan by die deur
Gecollar en getaai
En hy soek geld voordat hy gaan waai
Sy oë die kan jy nie sien
Oor die bril wat hy dra
Hy is baie ernstig hy gaan nie weer vra

Maar niemand weet wie wat moet betaal

En niemand weet hoeveel
Maar die wiele moet draai
En die mense wil speel
In huise van hartseer
Strate van reën
Op paaie sonder grense
Oor en weer en weer 'n keer
En Liefde moet gaan dans vanaand
Met die man wat daar buite staan
O my Heiland wat nou wat nou ?
O my Heiland o my Heiland
Wat nou , wat nou ?

By die bushalte net duskant Matlapeng
Het die profeet gesit en gewag
Maar die bus wat vir hom moes kom haal
Het in die donker verdwaal
En die mense,tevergeefs het hulle gebid
Deur die nag
En toe hy die volgende dag eers daar opdaag
Was daar niemand wat meer vir hom wag
O my heiland wat nou ?


Video: O My Heiland von Piet Botha

Teilen

Zeige deinen Freunden, dass dir O My Heiland von Piet Botha gefällt:

Kommentare