Tussen Stasies - Acoustic Songtext - Jack Parow

Tussen Stasies - Acoustic - Jack Parow

Ek het al baie goed verloor
En dit nooit ooit gevind weer gevind nie
Ek het al baie vir my ma gesê ek is nie meer 'n kind nie
Die lewe is te hard en ek verstaan meer die punt nie
Ek staan langs 'n groot oop hout,
Maar ek het nie meer 'n flint nie

Ek kry koud op my eie ek soek net 'n klein bietjie warmte
Almal is ryk van die liefde en ek is al weer die armste
Sommige dae voel dit as of ek dood gaan van die hongerte
Daar is n leë kol in my maag waar ek weg kruip in die donkerte
Ek is gebreek van binne soos my al my speelgoed van toe ek klein was
As ek vandag weg stap sal al my goed pas in n klein tas
Ek soek net n klein tydjie sodat ek die as van my kan afwas
Maar die soldate op die muur bombadeer my met die traangas
Ek lê onder 'n lappies kombers en probeer nog blokkies aanlas,
Maar daar is n kwaai oom langs my bed en hy sê vir my staan vas
So ek trek die kombers oor my kop en lê oop voete
En stap die lang pad in my pa se groot skoene

As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
daars net donkerte daar voor ek staan en bewe
dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor
hou my hand styf vas langs jou sy
is jy nog lief vir my?
sal jy my by die hemel poorte kry?

Ons hou vas aan mekaar maar niemand gaan regtig joune wees nie
ons skryf briewe vir mekaar wat ons nooit regtig lees nie
want daar is altyd een verloorder in Russian Roulette
ek moet uitgaan,
ek moet werk,
maar ek sit vas in die bed
ek stap rond en soek sitplek in leë geboue
ek probeer myself vind in drank en leë verhoudings
ek sit en skryf gedigte, maar word my gedigte digkuns?
en ek skree volle bors in die aand met my kop in die kussing
ek lê vir ure in die bad met my kop onder die water
ek slaap elke oggend laat want die wêreld kan wag tot later
ek moet wag,
nee,
aanbeweeg ontslae raak van my gevoellens
so ek stap, ek raak leeg met groot aksies sonder by bedoelings
ek sit alleen op een punt van die wipplank
ek bid alweer vir een sitvlak maar ek sit lank
en ek wag vir iemand om op te spring aan die eenkant
maar die vingers van my gevoelens krap diep krap diep in my verstand

As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor
daars net donkerte daar voor ek staan en bewe
dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor
hou my hand styf vas langs jou sy

Ek het al vêr gewen en al baie vêr verloor
ek het al baie gevoel asof die lewe my versmoor
ek het al baie gesit op die bokant van 'n berg
ek het al baie gesit in die voorkant van die kerk
om my terug na die langkloof
en my ouma se plaas
ek wil saam my suster die skape in die kraal injaag
ek wil sit op my oupa se skoot en stories hoor van die verlede
ek wil rond hardloop deur die gras tot ek lam word in die knee

Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry
die hartseer is verby
op die ou end is al wat ek wil hoor rol oor jou tong: jy wil by my bly
Sal jy my by die Hemel poorte kry?


Video: Tussen Stasies - Acoustic von Jack Parow

Teilen

Zeige deinen Freunden, dass dir Tussen Stasies - Acoustic von Jack Parow gefällt:

Kommentare