Met 'n Laaste Asem
Quelle: Spotify
My hande vertel ‘n verhaal van kinders
Wat veg vir die laaste straal
‘n Legkaart argief van ons seer.
Ons eie donker simfonie
Getoonset volgens ons probleem.
Weerklink als van jou wat my vervreem.
Vertroos deur die skildery
van ons verlate tree.
Verdoof teen hierdie duister
en konstant geskree.
Ek onthou my laaste gedagte
en ‘n sagte kreun.
Na die laaste kers sal jy klou.
Al weet jy gaan mens so bruidloos moet trou
Tot die dood van ons hou jy toe die deur
Ingehok verloor jy meer as beheer.
Zeige deinen Freunden, dass dir Met 'n Laaste Asem von Foto Na Dans gefällt:
Kommentare