Vinger Alleen Songtext - Die Heuwels Fantasties

Vinger Alleen - Die Heuwels Fantasties

Hierdie tyd van die jaar
Hoekom is ek so seisoenaal
Dit klink dalk banaal
As die as wat reën jou begrawe
Van die torings wat jou omring
Meestal gister s'n
Skielik skeur hierdie seun middeldeur
My uitsig is 'n mooi skarlakenrooi
'n Helder pragtige nagmerrie
Die eenvoud laat my koud

Jou onskuld bewys
'n Mors van my tyd
Ons almal wou mos brand
Met net die stad se ligte aan ons kant
Flikker, blink, verrinneweer
Verlep, verskeur al weer

Die eerste keer is altyd seer
Twee vingers en jy het iets geleer my kind
Van oorgee aan die vlees van 'n vrou
En van 'n man vir haar wees

Haar impulsiewe negatiwiteit
Ek weet jy't idees wat uit jou moet uit
Haar koud laat jou spyt

Pis op my drome
Jou heilige woorde
Soos standaardakkoorde
My broers, my sinode
My verkose narkose is maar
Wreed maar waar

Die eerste keer is altyd seer
Twee vingers en jy het iets geleer my kind
Van oorgee aan die vlees van 'n vrou
En van 'n man vir haar wees

My bloeddorstige lus vir immoraliteit
Ek het idees wat uit my moet uit
Maar haar koud laat jou steeds spyt
Haar koud laat jou steeds spyt


Video: Vinger Alleen von Die Heuwels Fantasties

Teilen

Zeige deinen Freunden, dass dir Vinger Alleen von Die Heuwels Fantasties gefällt:

Kommentare