Verlore Stilte Songtext - Die Heuwels Fantasties

Verlore Stilte - Die Heuwels Fantasties

Sitvlak, sit sag
Hard, sag
Slaap, seer
Doen dit weer
Vir die hoeveelste keer (2x)

In my dra ek wonde
Waarvan die oorsaak is soek
Heel moontlik weggebêre
In ‘n stofbedekte boek

Van ons lagge kom huile
Kom ons bou ‘n huis in die berge
Los ons vuilstreke
In ‘n verre, vae verlede (2x)

Van ons lagge kom huile
Kom ons bou ‘n huis in die berge
Los ons vuilstreke
In ‘n verre, vae verlede (2x)

Elke spoor wat ek verloor
Laat my met een minder oor
Elke spoor wat ek verloor

Elke spoor wat ek verloor
Laat my met een minder oor
Elke spoor wat ek verloor

Verlore stilte aan ‘n dowwe gedreun
‘n Leuen vir ‘n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën
Neon-bestraling wat my toestand ondersteun
‘n Leuen vir ‘n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën

Die plastieksade is geplant
En onder tupperware-bome
Is ons grootgemaak
Ek mis my tyd
Ek mis die son wat skyn op ons straat
En kinders wat spoorsny
Tevergeefs
Voete kan geen indruk op teer nalaat

Van ons lagge kom huile
Kom ons bou ‘n huis in die berge
Los ons aapstreke
In ‘n verre, vae verlede (2x)

Van ons lagge kom huile
Kom ons bou ‘n huis in die berge
Los ons aapstreke
In ‘n verre, vry verlede (2x)

Elke spoor wat ek verloor
Laat my met een minder oor
Elke spoor wat ek verloor

Elke spoor wat ek verloor
Laat my met een minder oor
Elke spoor wat ek verloor

Verlore stilte aan ‘n dowwe gedreun
‘n Leuen vir ‘n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën
Neon-bestraling wat my toestand ondersteun
‘n Leuen vir ‘n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën


Video: Verlore Stilte von Die Heuwels Fantasties

Teilen

Zeige deinen Freunden, dass dir Verlore Stilte von Die Heuwels Fantasties gefällt:

Kommentare