Sonrotse Songtext - Die Heuwels Fantasties

Sonrotse - Die Heuwels Fantasties

As die son bo die rotse opkom
Gaan almal weet wat ek en jy nog altyd weet
'n Mens het sy limiet
Al wat jy het is wat die wêreld vir jou bied

Ek weet ons is uniek
Ek weet ek wens ons was generiese gedaantes
Wat generies in mekaar in pas
My elmboog omhoog
Gereeld te hoog gelig

Vroumens ons moet vlug (2x)

Want ek's mos gees vat
Kaal keiser
Omgekoop en omgedop
Net my liggaam loop hier rond
Donderwolke, drama-oë
Sien net wat jy glo
Die peilings het al lankal bewys
Ons moet hier uit
Vroumens ons moet vlug
As 'n bekende gesig
Soos 'n vreemdeling lyk
Windloopneus
Al weer al die stuifmeel op geruik
'n Mens oorskry gereeld sy limiet
Als wat daar was het ek gevat
Als wat die wêreld verbied

Ek weet ek wens ons was generiese gedaantes
Wat generies in mekaar in pas
My elmboog omhoog
Gereeld te hoog gelig

Vroumens ons moet vlug (2x)

Ek probeer my bes
Ek sweer
Ek probeer my bes
Ek sweer
Ek probeer my bes
Ek sweer
Ek probeer my bes
Ek sweer ek probeer (9x)

Vroumens ons moet vlug


Video: Sonrotse von Die Heuwels Fantasties

Teilen

Zeige deinen Freunden, dass dir Sonrotse von Die Heuwels Fantasties gefällt:

Kommentare