Hyg Duiwel Songtext - Die Heuwels Fantasties

Hyg Duiwel - Die Heuwels Fantasties

My keel is vol kernkrag
Vandag gaan die waarheid seermaak

Jaag duiwel, jaag

'n Spartelsweet in spanning
Gehawend, verhard
Skrif teen die muur
Gesensuur

Dra my op gewonde hande
Elke huis met sy kruis versier
In alle erns, ek moet bieg
Duimgooi kry jou nêrens nie

Dit wat my betaam
My swerwersbestaan
'n Lekhart vir die somerkwartaal
'n Soendood
Dit wat oor my lewer loop

Hyg, jaagduiwel, hyg

Afvlerk, my vriende, vlerkaf
Dis doodeenvoudig
Te vroeg die moederskoot verlaat
Geslagsryp
Egalig, immergroen
Droogmaak druipeling
In sy deftige voorstad versoen

Dra my op gewonde hande
Laat dit juig as ons ons skandes vier
In alle erns, ek moet bieg
Tyd genees nie gene nie

Dit wat my betaam
My swerwersbestaan
'n Lekhart vir die somerkwartaal
'n Soendood
Dit wat oor my lewer loop

Hyg, jaagduiwel

Hooggesweef
Te laag verdwaal, wat my vertraag
Die skuif van die desimaal
Kom ons stel dit uit
Vergewe my kranksinnigheid
My afwesige vertoning
My repertoire verskonings

Dit wat my betaam
My swerwersbestaan
'n Lekhart vir die somerkwartaal
'n Soendood
Dit wat oor my lewer loop

Dit wat my betaam
My swerwersbestaan
'n Lekhart vir die somerkwartaal
'n Soendood
Dit wat oor my lewer loop

Hyg, jaagduiwel, hyg


Video: Hyg Duiwel von Die Heuwels Fantasties

Teilen

Zeige deinen Freunden, dass dir Hyg Duiwel von Die Heuwels Fantasties gefällt:

Kommentare