Die Vraagstuk Songtext - Die Heuwels Fantasties

Die Vraagstuk - Die Heuwels Fantasties

Dis Jack Parow, Johnny, Pierre, Hunter
Die reënboogperde
Rol ons hierdie jol nou, fokkit
Awê

Ek soek kaffeïen, ek soek nikotien, ek soek my steak gaar
Ek soek 'n meisie wat wag as ek dronk uitstap by die bar
Ek soek 'n enkel, ek soek 'n dubbel, ek soek 'n trippel sonder vra
Ek soek 'n wensmasjien, so as ek vra is alles kla daar
Ek soek meisies sonder high heels, ek soek meisies sonder base
Ek soek meisies wat saam met my staan en vir almal dit wys
Ek soek regte vriende, vriende wat deur alles staan by my
Ek soek vriende wat die heeltyd by dieselfde styl bly
Ek soek my jeans los, ek soek my hare een kleur
Ek soek 'n lewe sonder dwelms, want ek weet wat gebeur
Ek soek dronk inhibisie, ek soek uitkyk en 'n visie
Ek soek minder wannabes en meer mense met 'n missie
Ek soek minder MTV, ek soek mense wat in hulle psige delf
Ek soek net fokken mense wat fokken dink vir hulle self
Ek soek goeie waves, ek soek parties op die strand
Ek soek 'n yskoue bier en 'n joint in my hand

Die mens is 'n tropdier, dis saamwerk wat klop hier
Ons het nie meer die energie om hierdie fakkel agterna te jaag nie
Geen vrae op hierdie antwoord nie
Ons het nie meer die energie nie

Ek soek kruise, ek soek labels, ek soek engele, ek soek duiwels
Ek soek mense met messe, ek soek mense met bybels
Ek soek mense wat hou van trippop, ek soek mense wat hou van trans
Ek soek mense wat hou van hiphop en langarm dans
Ek soek poppies, ek soek gangsters, ek soek jocks, ek soek boere
Ek soek mense wat drink, kots en kruip oor die vloere
Ek soek parties by Evol, ek soek parties by die shack
Ek soek parties by Danskraal, ek soek parties by my flat
Ek soek Castle, ek soek Hunters, ek soek port, ek soek wyn
Ek soek die Cane Train, ek soek bottels brandewyn
Ek soek water, ek is dors
Ek soek tjops, ek soek wors
Ek soek mense wat nie kwaad raak nie as ek mors
Ek soek liefde, ek soek haat
Ek's bly, dan is ek kwaad
Ek soek mense wat by my kuier tot dit laat raak
Ek soek drinking games waar niemand ooit wen nie
Ek soek 'n bar waar ek kan drink waar niemand my ken nie

Die mens is 'n tropdier, dis saamwerk wat klop hier
Ons het nie meer die energie om hierdie fakkel agterna te jaag nie
Geen vrae op hierdie antwoord nie
Ons het nie meer die energie nie

So wie gaan by my staan in die koue oggendryp
Wie gaan by my staan as die donker suutjies inkruip
Wie gaan lê in my arms as die tortelduiwe roep, as die son opstaan opsoek na vars bloed
Want vriende bly vriende maar jy staan eintlik alleen
As die donderweer slaan, staan jy alleen in die reën
As die vloede kom, soek jy alleen vir 'n brug
Ek stap in donker strate opsoek na 'n straatlig
Die enigste ligte in die nag is die vure van hel
Die enigste vriende wat jy het, het al lankal geval
In die donker ure skink net duiwels nog 'n dop
Satan sit saam't sy kinders en kyk hoe kom die son op

Die mens is 'n tropdier, dis saamwerk wat klop hier
Ons het nie meer die energie om hierdie fakkel agterna te jaag nie
Geen vrae op hierdie antwoord nie
Ons het nie meer die energie nie

Wie gaan by my staan as die donker suutjies inkruip
Ons het nie meer die energie
Die son opstaan opsoek na vars bloed
Ons het nie meer die energie (2x)

As ek op die dood is, wie gaan langs my bed sit en vir my bid
Wie gaan in die grys mis blomme op my graf sit
Ag fokkit, klaar geworry, ek's klaar
As jy my soek, ek is die ou met die snor by die bar


Video: Die Vraagstuk von Die Heuwels Fantasties

Teilen

Zeige deinen Freunden, dass dir Die Vraagstuk von Die Heuwels Fantasties gefällt:

Kommentare