Telefoongesprek
Quelle: Spotify
Daar was 'n tyd, dis waar
dat sy uit sy hand kon eet;
is dit genoeg om dit te weet
in hierdie dae?
Dis moeilik om te sê
waar die skeuring werklik lê
en hy wonder:
sou dit help om te beding?
Want in elke sin skuil daar 'n swaard
in elke woord wag daar 'n lem
die patroon is so gevestig, so bestem:
elk' gesprek 'n doodloopstraat
Hy bel dus desperaat
'n kennis van weleer:
-kan ek jou sien, miskien?
-ja, natuurlik, ek verstaan
-en die kinders is belangrik
-nee nog self geen kind of kraai nie
-ek wil my jeug nie so verraai nie
-tot siens dan
-gee my groete aan jou man
(herhaal vers 1)
Zeige deinen Freunden, dass dir Telefoongesprek von Coenie De Villiers gefällt:
Kommentare