Kleintyd Verby Songtext - Coenie De Villiers

Kleintyd Verby - Coenie De Villiers

(1)
Koejawels ruik na Sondae toe ek klein was
En uit die boom se mik gereik het na die son
Maar nou, nou dat die boom nie meer dra nie
Het ek bitter-amandelsmaak leer ken

(KOOR)
Maar soms kom haal die perdewa my nog 'n keer
En ek proe die donker moerbeibloed en ek voel die seer
Van die rowe op my knieë
Wat net 'n botterboom kan gee

(2)
Granate langs die grensdraad in die najaar
So helder soos die toekoms van 'n kind
Maar dan vervaag die rooi en vloei die kleure
Tot 'n grysheid wat stom is en blind

(TUSSENSPEL)

(3)
Kopersamowar en geelhoutgrein
Kanferfoelielaning en die pyn
Van wonder waar die kronkel-kronkels lei
En of 'n langer lewe so akuut sal bly

(KOOR)

(Herhaal KOOR)


Video: Kleintyd Verby von Coenie De Villiers

Teilen

Zeige deinen Freunden, dass dir Kleintyd Verby von Coenie De Villiers gefällt:

Kommentare